top of page
geval_1.jpg

POTCH PICCOLO HERFSFEES 2022 FEESPROGRAM

KAARTJIES

Kaartjies is op verskillende platforms (Web tickets & Artéma) beskikbaar. Koopskakels op die webwerf sal jou na die regte platform neem. Diegene wat verkies om kaartjies in persoon te koop, kan dit by hulle naaste Pick n Pay aankoop.

Let asseblief op dat die kaartjies vir onbespreekte sitplekke is. Wees dus vroeg by die venue om 'n goeie sitplek te verseker.

 

16:15

Sonsakkonsert by Lekwena Wildlandgoed
Do,  12 Mei

Mooirivier-kwintet soliste: André Oosthuizen (fluit), Roxanne van Rheede van Oudtshoorn (viool), Ian Grewar (altviola), Charles Olivier (tjello) en Anro Janse van Rensburg (perkussie).

 

Konsertgangers kom by die Lekwena Plaaskombuis bymekaar waar hulle 'n gratis koffie ontvang. Daarna spreek Johan Janse van Rensburg die gaste toe en gee 'n kort oorsig oor die geskiedenis van Lekwena.  

Die konsert begin om 17:00 buite die restaurant met die Mooirivier-kwintet, onder leiding van André Oosthuizen,  wat musiek speel terwyl die konsertgangers die sonsondergang bewonder.

Onthou: Trui of baadjie. Bier/wyn/cappuccino addisioneel te koop. 

Koste: R100

Plek: Lekwena Wildlandgoed

Beginpunt: Lekwena Plaaskombuis (16:00)

 

Opening van twee kunsuitstallings | Do, 12 Mei

18:00-20:00

  • KleinKuns

Plaaslike kunstenaars neem deel aan ’n groepuitstalling waar hul kunswerke volgens spesifieke afmetings skep.

  • Lost and refound

Sandro Trapani (beeldhouer) en Pieter Jooste (skilder) stal saam uit.

Openingspreker: dr. Louisemarie Combrink
Plek: Snowflake-gebou, Kockstraat 2
Koste: Gratis toegang

 

Aangebied in samewerking met die Potchefstroom Kunsvereniging en Snowflake Venue. Gratis drankies word aangebied. Verversings is te koop.

DAG 1

Donderdag, 12 Mei

Donderdag 12 Mei
Vrydag, 13 Mei

DAG 2

Vrydag, 13 Mei

07:45 vir
08:00–09:15

Skink jou boeretroos so dat dit tróós! – Koffiemeestersklas en -proe | Vry, 13 Mei

Ettiene Broodryk demonstreer hoe verskillende koffies voorberei word en gaste kry die geleentheid om te proe.
 

Koste: R54,50

Plek: TORO, Molenstraat 99


 

9:00 – 15:00

Beeldhouwerkswinkel deur Sandro Trapani | Vry, 13 Mei

Sandro Trapani, plaaslike beeldhouer, bied ʼn beelhouwerkswinkel aan wat oor twee dae (Vrydag, 13 en Saterdag, 14 Mei) strek. Belangstellendes kry hier die geleentheid om ʼn borsbeeld van hulself te maak. Alle materiaal is ingesluit.
 

Plek: Snowflake-gebou, Kockstraat 2
Koste: R1800 materiaal ingesluit
Registreer: www.sandrotrapani.com


Verversings word te koop aangebied

15:00–16:45

Geskiedkundige staptoer op die NWU Potchefstroomkampus | Vr, 13 Mei

Dr. Lennie Gouws, plaaslike historikus, neem belangstellendes op ʼn kort staptoer waar sy die interessante geskiedenis van ou geboue op die kampus en staaltjies van vervloë dae deel. Die kort staproete begin by die NWU Argief en betrek al die ou geboue op die kampus – van die Frans du Toit-gebou tot Heimat en die Fisikagebou. Geniet en vind meer uit oor die pragtige tuine en die ou plantaanlaning, Lovers Lane.
 

Koste: R43,50

Beginpunt: NWU-argief, Ferdinand Postma Biblioteek


 

17:00 vir
17:15–18:30

GEKANSELLEER - Totius-gedenklesing en a capella sang deur Boulevard Harmoniste | Vr, 13 Mei

Let asseblief daarop dat die Totius-gedenklesing en Boulevard Harmoniste konsert gekanselleer is weens te min kaartjieverkope. Diegene wat reeds kaartjies gekoop het, se geld sal aan hulle terugbetaal word.
 

Beeldhouwerkswinkel deur Sandro Trapani | Sa, 14 Mei

9:00–15:00

Die tweede dag van die beeldhouwerkswinkel wat oor twee dae (Vrydag, 13 en Saterdag, 14 Mei) strek. Sandro Trapani, plaaslike beeldhouer, leer kursusgangers om ʼn borsbeeld van hulself te maak. Koste sluit alle materiaal
in.

 

Koste: R1800 (bespreek vooraf)

Plek: Snowflake-gebou, Kockstraat 2

Registrasie:  Bespreek www.sandrotrapani.com
Verversings word te koop aangebied

Kreatiewe werkswinkel vir gesinne – Potch Rocks | Sa, 14 Mei

10:00-13:00

Neem deel aan ʼn kreatiewe werkswinkel waar jy klippe met patrone en prente versier. Yolande Hattingh en Marina Wilters wys tegnieke. Gebruik die versierde as dekoratiewe elemente in jou tuin of neem deel aan ʼn opwindende speletjie waar jy jou klip elders in die dorp versteek vir iemand anders om te ontdek.

Koste: R50 p.p.

Plek: Snowflake-gebou, Kockstraat 2
Kaartjies: Bespreek per WhatsApp by Yolande Hattingh, tel. 079 418 6670

 

Verversings word te koop aangebied.

Rondleiding – Veronika Olivier kunsuitstalling | Sa, 14 Mei

12:00-13:00

Veronika Swanepoel Olivier is ʼn kontemporêre Suid Afrikaanse kunstenaar wat tekstiele gebruik om fassinerende beeldhouwerke van diere te skep. Sy stik, brei en weef maar gebruik ook ander beeldhouwerktegnieke en gemengde media (verfmediums) in haar skeppings.

 

Met dié rondleiding gesels sy self oor haar beeldhouwerke, haar mediums en dit wat haar inspireer. Aangebied in samewerking met die Potchefstroomse Museum en die Potchefstroom Kunsvereniging.
 

Koste: Gratis toegang

Plek: Potchefstroom Hoofmuseum, h/v Sol Plaatjie- en Wolmaransstraat


Aangebied in samewerking met die Potchefstroomse Museum en die Potchefstroom Kunsvereniging.

Boekbekendstelling: Iewers êrens deur Willem Pretorius | Sa, 14 Mei

15:00-16:00

Iewers êrens is ʼn boek met 50 foto’s van die skilder, Willem Pretorius se jongste werke. Pretorius se skilderye is amper foto-realisties en gee ʼn sekere gevoel van nostalgie van die Suid-Afrikaanse platteland weer. Die onderwerpe in sy skilderye sluit huise, treine, verlate swembaddens, landskappe, ou karre en bakkies, plattelandse winkels, huise en dorpstonele in.

By elke foto van Pretorius se skildery het ʼn bekende skrywer, musikant, digter of skilder ʼn kort skryfstuk daaroor saamgestel. Gert Vlok Nel, Deon Meyer, Marita van der Vyver, Nathan Tarentaal, Coenie de Villiers en Lien Botha is van die bekende mense wat in woorde hul inspirasie met die skilderye uitdruk.
 

Aanbieder: Willem Pretorius

Koste: R30
Plek:
Snowflake-gebou, Kockstraat 2
Verversings is te koop

Potch-Labia fliekaand – The French Dispatch | Sa, 14 Mei

17:00-20:00

Regisseur en draaiboek Wes Anderson | Akteurs Bill Murray, Tilda Swinton, Owen Wilson, Adrien Brody en Léa Seydoux

Die Amerikaanse film, The French Dispatch, is in 2021 vervaardig en speel af in die fiktiewe Franse dorpie Ennui-sur-Blasé. Dit is ʼn komedie/drama en bestaan uit drie verskillende storielyne wat begin met die redakteur van die Franse tydskrif, The French Dispatch, wat sterf. Sy testament bepaal dat die publikasie van die tydskrif na sy afsterwe dadelik gestaak moet word om vir ʼn finale afskeidsuitgawe voor te berei. Die laaste uitgawe moet vier artikels en ʼn doodsberig bevat. Die film word gekenmerk aan ʼn groot rolverdeling met bekende akteurs. Prof. John Botha, voormalige kunsgeskiedenis dosent aan die NWU, sal na afloop van die film 'n bespreking lei.

Koste: Donasies by deure

Plek: Snowflake-gebou, Kockstraat 2

Verversings word te koop aangebied.

Skemerkonsert met NWU PUK-koor | Sa, 14 Mei

17:45 vir
18:00-18:50

Meliorisme is die oortuiging dat die mens die wêreld kan verbeter en Kobus Venter, dirigent van die NWU PUK-koor, ondersteun dié siening. In ʼn wêreld van pandemie, oorlog en ekonomiese agteruitgang glo hy dat koormusiek ʼn bydrae lewer om die wêreld deur middel van sang ʼn beter plek maak.

Met dié skemerkonsert is elke koorwerk spesifiek gekies om die fokus te plaas op die verskillende aspekte van die daaglikse lewe waar daar deur ʼn kollektiewe menslike poging, begin kan word om ʼn beter wêreld te bou. “Musiek en die kunste het die verantwoordelikheid om nie net hoop te bring nie, maar om aksie te inspireer om ʼn blink toekoms te bou”, sê Venter.
Die NWU PUK-Koor is in 1955 gestig. Vyf koordirigente het opeenvolgend tot 2011 die koor gelei – Pieter de Villiers, Hans Babs, Arie van Namen, Ria Nel en Awie van Wyk – totdat die huidige koorleier, Kobus Venter, in 2012 die leisels oorgeneem het. Vanjaar vier die koor 10 jaar onder sy leiding. Die NWU PUK-koor koor is bekend vir hul uitmuntende koormusiek en spog met verskeie radio- en televisieopnames asook ʼn reeks CD-opnames. Hul toer gereeld oorsee en tree onder meer by koorfeeste op waar hul goue me
daljes  verower.
 

Koste: R60

Plek: Totiussaal, NWU Potchefstroomkampus
 

NWU-Simfonieorkes: Gesinskonsert |
Sa, 14 Mei

19:00-20:00

Die NWU-Simfonieorkes voer ʼn opwindende program met gewilde film- en operamusiek uit wat jou hartsnare sal roer. Kom luister onder meer na die orkestrale suite van die opera, Carmen en gaan op ʼn verbeeldingsreis met filmmusiek van Indiana Jones, How to train your dragon, Forrest Gump en Jurrasic Park.

 

Die simfonieorkes is in 2009 deur Lientjie Jooste met die steun van die voormalige rektor, prof. Annette Combrink tot stand gebring. Eric Rycroft, prof. Fanie Jooste en Colin Campbell was die eerste drie dirigente. Die huidige dirigent, André Oosthuizen, is in 2012 aangestel. Hy is ook ʼn dosent in fluit by die Skool vir musiek aan die NWU, mededirigent van die Noordwes Jeugorkes en dirigent van die NWU-Blaasensemble. Met dié konsert word André Oosthuizen se 10-jaar as orkesleier van die NWU-Simfonieorkes gevier.
 

Koste: R60

Plek: Sanlam Ouditorium, NWU Potchefstroomkampus

 

DAG 3

Saterdag, 14 Mei

Saterdag, 14 Mei

DAG 4

Sondag, 15 Mei

15:30 vir
16:10–17:00

Middaguurkonsert met Molen Kórus | 
So, 15 Mei

Molen Kórus, bied ʼn diverse koorprogram aan met werke wat strek van die 16de tot die 21ste eeu. Dié kamerkoor is in 2011 onder die leiding van Loretté du Toit en Kobus Venter gestig en die naam van die koor is van die beroemde straat in die hartjie van Potchefstroom afgelei waar die lede weekliks oefen. Die koor bestaan hoofsaaklik uit nagraadse studente en lede van die gemeenskap rondom Potchefstroom wat almal ‘n liefde vir koormusiek het. Hul streef na musikale uitnemendheid en lede word gekies om voortdurend ʼn hoë standaard van koorsang te handhaaf.
 

Die koor tree by baie koorfeeste en geleenthede op. Hul word in 2015 as wenners in die Kamerkoor kategorie asook algehele wenners van die ATKV – Internasionale Animato koorkompetisie aangewys. In 2016 tree hul op by die Aardklop nasionale kunstefees en in 2018 tydens die Wêreldkoorspele word die koor as wenner van drie kategorieë aangewys.
 

Koste: R76

Plek: Totiussaal, NWU Potchefstroomkampus


 

Biduur vir gesinne by studentegemeentes |   So, 15 Mei

Die aanddienste in die onderskeie studentegemeentes vind afsonderlik op die gewone tye plaas. Op versoek van die Potchefstroom Piccolo Herfsfeesbestuur word ʼn biduur met die tema, Biduur vir Gesinne gehou. Dié inisiatief is van die van die Potchefstroom Dameskring afkomstig.

Daarmee sluit die Herfsfees af tot volgende volgende jaar 2023.

Sondag, 15 Mei
bottom of page